KOOP NOU STORIES

Dorfontein se Kaasdief 

Die muise van die dorp Dorfontein se kaas word gesteel. Baasspeurder Willie Muis met sy uitsonderlike ondersoekvernuf speur die onverklaarbare diestal na saam  met sy handlanger Hennie.  Wie kan die skurk met die “lang vingers” tog wees?

Neels en die Suigmonster

Neels gewaar iets wat oor die grasperk hardloop terwyl sy Pa sy nuwe blaarsuigmasjien uittoets. Daardie aand gaan lê hy voor in sy boomhuis in die hoop om uit te vind wat dit was. Hy hang te vêr uit sy boomhuis en val homself bewusteloos… Hy herwin sy bewussyn maar alles lyk nie soos dit voorheen was nie.

Die Miervreter se lang tong

Eltie is ‘n klein swart werkermier. Hulle nes is sopas weer deur deur Baldor die miervreter en sy kamerade verwoes. Eltie red vir Professor Slimmier wat in sy laboratorium vasgekeer is. Hy sny sy poot en trap in ‘n poel groenerige vloeistof….of is dit dalk “super” vloeistof.

Is jy ‘n Reus?

Bome word afgekap en soos niks platgestoot en al die woudinwonertjies word verjaag. Die Reuse het die woud binnegedring en is besig om die natuur onherstelbaar te vernietig. Wat gaan hulle tog doen?

‘n Storie wat die klem daarop lê dat ons na God se natuur moet omsien.

KOOP STORIES

KOOP NOU STORIES