Sale!

VOLUME 4 – Storie bondel

R140.00 R70.00

SKU: BONVOL4 Categories: , ,
Description

Volume 4 is vir die ouer jongspan vanaf ouderdom 6 jaar. Hierdie volume is propvol avontuur en bevat:

1. Die Renjaer

In die verhaal ontmoet is vir Rex Ratel, ‘n vormule een wedrenjaer. Mnr K, die opposisie en ‘n korrupte besigheidsman doen egter alles in sy vermoë om te verhoed dat Rex Ratel deelneem aan die opkomende wedren in Monaco, Italië. ‘n Verhaal vol opwinding wat die anedralien sal laat pomp. Sit jou veiligheidsgordel aan en maak gereed vir Die Renjaer!

2. Meerkat se dinge

Het jy geweet dat meerkatte amper 5% van hulle liggaamsgewig in die nag verloor? Daarom dat hulle so vroeg oggend naarstigtelik na kos soek. Ontmoet vir Mattie meerkat en die bende meerkatte. Ons leer meer van hul gedragspatrone en ander interessante meerkat feite. Silwerrug Jakkals is natuurlik altyd daarop uit om meerkatte te vang. Gaan hy daarin slaag?

3. Die saak van die Pienk Diamant

Die wêreldbekende pienk diamant word uit die museum Artifé in Parys gesteel. Ons ontmoet vir privaatspeurder Feitloos en Leeupoldt wat ‘n onafhanklike ondersoek loods. Feitloos het baie omstrede maniere van ondersoek en dit lyk nie of hy altyd weet wat om te doen nie….maar kort voor lank is hy op die regte spoor. ‘n Storie propvol verrassings en keerpunte wat jou op die punt van jou stoel sal hou.

4. Kumar en die Goue Lamp

Kumar leef as ‘n straatkind in die dorpie Kiros in die hartjie van die Tarwoestyn. Van hongerte steel hy ‘n brood en vlug rats vir die wagte. Hy val deur een van die rietdakke en merk ‘n ou lamp op wat in een van die hoeke lê. Hy poets dit met sy hemp en daar gebeur dit toe… ‘n Verhaal vol avontuur wat jou verbeelding sal prikkel soos nog nooit tevore.

5. Die Skat van Koning Troka

Pofessor Adams en Bandi, twee argeoloë, vind die lankverlore mummie van Koning Troka. Hul vind egter meer as wat hulle verwag. Daar is ‘n kaart met aanduidings na die skat van Koning Troka. Jack, ‘n avontuurlus, help die twee professors in die soektog na die skat, maar daar is nog iemand opsoek daarna wat nie so vriendelik is nie.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.