Sale!

VOLUME 3 – Storie bondel

R140.00 R70.00

SKU: BONVOL3 Categories: , ,
Description

Volume 3 is vir die ouer jongspan vanaf ouderdom 6 jaar. Hierdie volume is propvol avontuur en bevat:

1. Toe die Weste wild was

Potjie, die skelm burgermeester en sy trawante poog om al die plase in die dorpie Niksverdien uit te koop voordat die arm boere uitvind dat daar ‘n goudaar is wat deur hul dorpie loop. ‘n Gemaskerde ruiter op ‘n spierwit perd kom steek egter ‘n stokkie voor hulle skelm planne.

2. Die Gevleuldes

Basjan is gewone pleinduif wat elke dag wag dat mense broodkrummels kom strooi. Hy droom om eendag deel te word van ‘n groep elite vliegduiwe genaamd “Die Gevleuldes”. Op ‘n dag vlieg hy hulle agterna en ontmoet vir Vryval, die leier van die Gevleuldes. Wat volgende gebeur sal Basjan se hele lewe verander.

3. Die Huis op Spookbult

Blikkies, Vaatjie en Frik is drie nuuskierige skoolseuns van die dorpie Draaikraal wat by ‘n afgeleë huis op die sogenaamde “Spookbult” gaan rondsnuffel. Spook dit regtig in daardie huis ?…wonder hulle. Daardie reënerige aand onder ‘n melkwit volmaan gaan vind hulle vir hulsef uit wat in daardie huis aangaan.

4. Die Ontsnapping

Tux, Tico en Walski is drie Keiserpikkewyne wat gered word van ‘n oliespil. Al probleem is dat hulle nou in die dieretuin aangehou word. Die drie maak ‘n plan om te ontsnap en terug te keer na hul kolonie, maar dit gaan nie so maklik wees nie….

5. Muis… Buksie Muis

Buksie Muis is ‘n internasionale muisagent wat opdrag gegee word om ‘n groep vermisde muisagente op te spoor. Vinnig besef hy daar is niemand wat hy kan vertrou nie. Met sy besonderse vernuf en uitsonderlike toerusting pak hy die onmoontlike aan.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.