Sale!

VOLUME 2 – Storie bondel

R140.00 R70.00

SKU: BONVOL2 Categories: , ,
Description

Van plaasdiere tot seerowers. Volume 2 sal die kleinspan behoorlik vermaak met 6 oorspronklike stories. Volume 2 bevat:

1. Tom en Wendy se seeroweravontuur

Tom en Wendy is twee weeskinders wat in die dorpie Hermanus woon. Om te oorleef was hulle die skepe se dekke elke dag. Op ‘n dag kom ‘n groot ou skip die hawe ingeseil en dit is hier waar hulle paaie met die seerower, Kaptein Swartbaard kruis.

2. Die Plaasdiere van Botterbult

Bottertjie boer word baie siek en die plaasdiere besluit om hom te help deur namens hom die landerye te oes. Dit sorg vir baie pret en komedie en die klem word op spanwerk gelê. Gaan die plaasdiere dit regkry? Ek wonder…

3. Dorfontein se Kaasdief

Die muise van die dorp Dorfontein se kaas word gesteel. Baasspeurder Willie Muis met sy uitsonderlike ondersoekvernuf speur die onverklaarbare diestal na saam met sy handlanger Hennie. Wie kan die skurk met die “lang vingers” tog wees?

4. Die Miervreter se lang tong

Eltie is ‘n klein swart werkermier. Hulle nes is sopas weer deur deur Baldor die miervreter en sy kamerade verwoes. Eltie red vir Professor Slimmier wat in sy laboratorium vasgekeer is. Hy sny sy poot en trap in ‘n poel groenerige vloeistof….of is dit dalk “super” vloeistof.

5. Neels en die Suigmonster

Neels gewaar iets wat oor die grasperk hardloop terwyl sy Pa sy nuwe blaarsuigmasjien uittoets. Daardie aand gaan lê hy voor in sy boomhuis in die hoop om uit te vind wat dit was. Hy hang te vêr uit sy boomhuis en val homself bewusteloos… Hy herwin sy bewussyn maar alles lyk nie soos dit voorheen was nie.

6. Is jy ‘n Reus?

Bome word afgekap en soos niks platgestoot en al die woudinwonertjies word verjaag. Die Reuse het die woud binnegedring en is besig om die natuur onherstelbaar te vernietig. Wat gaan hulle tog doen?

‘n Storie wat die klem daarop lê dat ons na God se natuur moet omsien.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.