Sale!

VOLUME 1 – Storie bondel

R140.00 R70.00

SKU: BONVOL1 Categories: , ,
Description

Vermaak jou kleuters met 6 oorspronklike stories en lewenslessies. Volume 1 bevat:

1.Vlekkie en die straatlopers

Vlekkie ,n wit steekhaarhondjie se Baas, Japie, vertrek om te gaan visvang vir die dag. Japie vergeet sy viskas en ry terug huistoe waar hy Vlekkie se nekbandjie buitekant die hek sien lê. Waar kan Vlekkie tog wees? ‘n Soektog begin. Sal Japie vir Vlekkie weer vind?

2.Boggom en die krokodille

Boggom is die leier van ‘n trop bobbejane wat by die Amoerla watergat water suip. Brutus die krokodil en sy makkers boelie die bobbejane egter by die watergat. Boggom, met die hulp van die olifante, dink aan ‘n briljante plan om die boelies ‘n les te leer.

3.Die Briefhonde

Wagter, ‘n Duitse herdershond, sluit aan om opgelei te word as ‘n briefhond, nes sy pa. Die opleiding is taai en samajoor Sam, ‘n bulhond, toon geen genade nie. Gaan Wagter suksesvol wees?

4.Peter die slim kaboutertjie

Peter en sy sussie Mienkie woon naby die Ondierwoud. Pa Jasper het hulle gewaarsku om daar weg te bly…dis baie gevaarlik. Pa Jasper word deur die Trolle gevang. Hoe nou gemaak?

5.Johan en die Tandemuis

Borsel jou tande twee keer ‘n dag is wat die tandarts altyd sê. Johan wissel sy eerste tand en ontmoet vir Piet Tandemuis. In Tandeland vind Johan uit waarom dit belangrik is om jou tande mooi op te pas.

6.Wie is Kersvader

Terwyl Henkie uitkyk by die sitkamervenster wonder hy of Kersvader regtig bestaan. Sy oupa vertel hom dat hy vir hom ‘n paar soetkoekies en melk moet gaan haal dan vertel hy sy kleinseun…. die storie agter die storie. Henkie kan sy ore nie glo nie….

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.