Johan Cilliers, die stem en die skrywer.

Ek is Johan Cilliers, die stem en die skrywer agter Kraakvars Kinderstories. Ek het ‘n passie vir stemnabootsing, skryf en my moedertaal.

Van kindsbeen af boots ek my gunsteling stories se karakters na. Ek sou ure op ‘n slag met my bandopnemer spandeer en die stemme wat ek naboots opneem en terugspeel. Knersus en Oscar en Redding Internasionaal om ‘n paar te noem.

Later in my lewe het ek besluit om my passie vir skryf en stemnabootsing te kombineer deur ‘n paar kinderstories te skryf wat ek toe aan vriende voorgelees het, stemme en al. Noodloos om te sê het Kraakvars Kinderstories daar sy bestaan gekry en vandag het ek al vier storie volumes uitgereik.

Ek maak my self ook betrokke by stemvertolking vir radio advertensies. My betrokkenheid by die opname van radio advertensies het my honger vir my passie aangevuur en dit is steeds my droom om stemvertolking vir ‘n animasie-reeks te doen.

My visie vir Kraakvars Kinderstories is om die stories as ‘n huishoudelike naam vir Afrikaanssprekendes regoor die wêreld te vestig.

Getuigskrifte

Ons geniet die stories netso baie soos ons kinders! Beslis die koop werd!
Artist Jeanne Marais
Lekker stories met oulike temas in mooi afrikaans.
Sanet Barkhuizen